vlam van gister
my duin lê stil
asof gister verstar het
in dowwe speel-weer beelde
gister se seer wil-wil net herleef
die rowe is skaars droog gewaai
hier en daar is dit nog pynlik
wat deurbreek in steke
my siel roep stil
oor die eter verdwaal dit
die winde wat dit wyd versprei
het geen impak teen die droë weer
op die rooi horison van vandag
verskyn trillings van gister
wat my liggaam vries
waar breek nuwe dag
van hoop en vryheid van ellend
die nuwe horison van liefde en hoop
sou dit vandag begin gebeur en verskyn
of sal ons dekades oor maar verdwyn
sal ons die Lig sien oop breek
sal almal van ons vergeet
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.