Tussen lewe en niks
Ek was daar, Pa, lank voor die blomme langs jou bed verwelk het. In die swygsame kamer waar jy en Mamma vir soveel jare soveel nagte om gesels het – die kamer waar doodse stilte binnekort weer die laaste sê sou hê. Mense het gekom en gegaan; bewoë gebid en gebedel vir die dood om […]
Kunstenaar
In die eklektiese denke van die kunstenaar ‒ kluisenaar ‒ skrywer en musikant wat óók kan sien wat die skare sien; dieselfde deuntjies oor en oor hoor en tog anders ‒ eksentriek ‒ artistiese integriteit bo materialisme stel, word blote negatiwiteit weldeurdag kreatief tot moontlikheid omskep. Meesterlik vasgelê in melodieë en kleur, of vrye verse […]
Oorlog Siklus
onder die warm son lê sand soldaat vrees wagtend vir dié trap. agter bos en gras soek krap oë gehate ander te ontbloot. stilte skeur ń koeël wat klap die dood ruk oop, stilte in die besie trop. die geveg is oor ń seun is dood die veld is stil met een rooi blom.
Voete van klei
toe blyk jou voete ook maar mortel te wees jou tong vulkanies ‘n sluimerende spioen wat met geringste konkussie vurig lawa stook wonde skroei wat oor weerlose sielsletsels kors ©Driekie Grobler (2020)
liefde, lowe, lawe
die lewe skuif soos wolkies oor my duin die tyd van liefde en ontdekking kom weer nader vir die jeug wanneer hul loslit kom om lywe nat te maak in die grote see deesdae is liefde soos ‘n magneet met pole wat soms liefhet en soms haat jongmense raak verlief en laf ook om dikwels […]
skrywers-vryheid
skrywers-vryheid as ek wil skryf of dig moet ek doen soos die reëls sê streng volgens voorskrif of onkonvensioneel: vrye vers vrye teuels maar tog ook met reëls in die geen-reëls sone hoe dit ook al sy soms borrel my woorde soos wilde perde oor ope velde met die wind in my hare en die […]
Immergroen
jou omgee versprei soet soos die reuk van ‘n yesterday, today and tomorrow tussen jou hartsmense waar jou koestering menigte harte se honger stil jou gebede verfris nes die eerste lentereën na ‘n lang droë winter en jou tuiste bied ‘n lafenis vir ‘n dorstige siel “and honey, your soul could never grow old, It’s […]
taktvol
om taktvolle besluite te kan neem is nie altyd so maklik nie mens se emosies kan jou soms in die steek laat my duin lê stil en bak in warm son soms oorweldig die wind my hele siel se rus met vlieënde projektiele gruis om takties aan te val of retireer ‘n besondere militêre begrip […]
Disa blom
Dit is ‘n bedrywige dag op oom Sampie se plaas, vandag is die groot dag waaroor hy al soveel jare droom. Hy trou vandag met tannie Cotie van Hexsrivier vallei se kontrei. Vandat hy ‘n seun was het hy al probeer om haar sy meisie te maak, maar tannie Cotie was altyd baie onvriendelik teenoor […]
Oer oue liedjie (Brons)
Daar is ʼn liedjie wat mense steeds wil hoor die oer oue note wat vir eeue die mensdom bekoor sal hul na luister oor en oor die instrument ʼn Skeppingswerk immer nuut met ʼn suiwerheid van noot eers word jy jou gewaar van die groeiende bariton klanke al harder en harder totdat dit forte met […]