Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Kunstenaar

In die eklektiese denke
van die kunstenaar
‒ kluisenaar ‒
skrywer en musikant
wat óók kan sien
wat die skare sien;
dieselfde deuntjies
oor en oor hoor
en tog anders
‒ eksentriek ‒
artistiese integriteit
bo materialisme stel,
word blote negatiwiteit
weldeurdag kreatief
tot moontlikheid omskep.

Meesterlik vasgelê
in melodieë en kleur,
of vrye verse
waar digters gebroke
tower met woorde
om emosies poëties
en metries te bevry
soos hulle inspirasie
in die naakte waarheid kry ‒
selfs al wek dit geen applous nie.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed