Glen se Landie
Glen is die tipe ou wat die meeste vrouens as ‘n groot “teddiebeer” sal beskryf. Hy was ‘n blok van ‘n man wat nie baie gepraat het nie, maar wanneer hy praat luister almal. Hy het destyds saam met my by Waterwese en Bosbou gewerk. Glen het saam met sy vriend Andre in ‘n woonstel […]
Swart Gedagtes
ander gedagtes beklad die eie tot dit verdwyn in swart. laat agter die swart honde wat modder skud vervorm dit in klei potte. versmelt alles in wit lig wat deur krake beur en swart verlig in ń kleure prag.
iets mooi
klein fyn blommetjies staan plek – plek op my duin langs wandel paadjie skyn dit pers met spierwit blaartjies fladder in wind die mooiste fynbos soorte se blare is daar iets mooi om te sien waar duin en see ontmoet waar siel en liggaam van mekaar skei sipres bome in lang rye koetse begelei na […]
Die oproep
(927 Woorde) Ek skrik van die skielike gelui, dat ek die koppie lou tee omstamp en ‘n klein ramp oor my papierwerk veroorsaak. Dit neem my enkele oomblikke om die klank te identifiseer. Die meganiese gelui van die ou landlyn telefoon. Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek die geluid gehoor het nie. Niemand […]
By my is jou somerskaal
Soos ‘n kaalboom wat die winde cocktease eksperimenteer jy met jou pseudosciencelyf en hoop jy kan my winters verdryf, maar my hart is ‘n sneeukombers en ek het verwoud met splinteroë in ‘n kaggelvuur nonchalant; jou oë is die vuur wat tuur ek hoor die stilte skree in ‘n stad wat ontwaak waar jou woorde […]
Oestyd na droogte (goud)
Het ek my verbeel of het jou kruiphand my middel omsingel — jy my lyf lankenlangs nader getrek tot duskant jou horisongrens diep verby jou ongetemde binnewand het ek my verbeel of het jou woorde te swaar geraak tussen die veldblomme wat jy in hierdie ontspoorde oestyd so gereeld in my vlegsel druk terwyl ek […]
Kompas Cowboy (Silwer)
vrouman is n cowboy ‘n kaartman inklusief hy speel in na-nagure en skryf sy naam kursief sy dryfding is sy baby almal kan maar staar old spice is sy perfume hy drink milkshakes in die bar om sy nek ‘n goue ketting wat sy adamsappel vlei sy boots is blink met klingels hy’t ‘n sexy […]
Die dorpdigter (Silwer)
Die digter op die dorp het almal in ‘n knoop. Dis sy spottery met siekte wat alger daartoe noop. Dit het begin met Covid toe oom Piet die siekte kry; kort na die begrafnis het dié wraakgedig gedy: “‘n Selfgemaakte masker dié het die oom versmoor; die tannie lyk maar alte bly, sý het oom […]
Ontluikende passie vir jou
Ontluikende passie vir jou In ʼn dwaaltuin vasgevang deur skaduwees wat my teister, my magteloos laat teen die verlange van jou lyf smagtend na jou gordels van veiligheid, gordels wat my omvou met bollende heuwels, en are stromend vol bloed elke gordel se end palm met vyf vertakkings wat in my hare verstrengel soos my […]
weet
om te weet is erger as om te vergeet bewustelike wete behels baie goeie herroeping vermoë van verlede deeglike insig van vandag se gebeure uitstekende toekoms verwagting oor my duin sluier al hierdie dinge soms my begrip van weet en maak my morbied onrustig om te weet is ‘n gawe van Bo dink ek nie […]