waarheid vergissing verguising
in dae van nood en stryd kom elke gesprek uit met nyd leier vreet leier jakkalse kef en tjank om ook ‘n stukkie van die lig te kan erf jonk teen oud, mense raak benoud en skrik ervare veterane bly stil oor vervloë oorloë die wat weet wil niks vertel uit respek lawaai is die […]
ANNIE
Annie, my lief skelm is ’n dief, maar so ook ieder maal ’n hart wat dwaal Annie, my lam solank daar blare aan die bome hang, sal jy skadu hê om in te rus – sal jou kop weet waar jou hart is Annie, my mens solank die hart nog kan wens, sal die hoop […]
STIL GEBOORTE
Ek en jy ons; saam sien hoe tyd verby gly diep bewus van waar ons staan ons; saam gedwonge stom en doof diep bewus van waar ons staan van ’n moontlikheid beroof gedwonge stom en doof sien hoe tyd verby gly van ’n moontlikheid beroof ek en jy ©HMellet2020
ongeskonde
verkleef aan my duin skyn die liefde vir die mooi eerlikheid van vars jeugdigheid ontspanne atmosfeer van vreugde diep stilraak van groot oomblikke wanneer see sy stem dik maak golwe met donderende slag teen die strand kom breek die nag se skraal maan wat skrefies lig baan oor bewegende see soos siele ontmoet in die […]
Storietyd: Die parkbankie
Hersiende storie Nie alles in die lewe het ‘n storie nie. Nie die teesakkie wat jy uitvis uit ‘n skoenboks of die vergete, duidelik gebruikte sleutel nie. Haarknippe, sommige gevlek deur tyd, ou armbande: nou verrek en oudmodies. Lappies wat duidelik al lankal in die snippermandjie moes afgetree het, verskuil tussen ou handdoeke. Alles vind […]
loot
oor my duin dreun daar boodskappe senekal – senekal – dit klink amper soos dis al die lot het geval op iemand oor die wal leiers met voorskote vol eier geel maak beloftes en skreeu dreigemente uit elkeen wil die ander ondervang weereens in my duin se geskiedenis word “geskiedenis” ryp gedruk en “vermaak” leiers […]
Liefdesblyk (silwer)
Liefdesblyk ‘n skewe posy in my hand selfgeplukte woorde sonder klank met stil gedagtes én met liefde kies ek die kleur en geur vou dit bymekaar in blink-blou selofaan waar jy nou lê lê ek dit neer nederig my liefdesblyk om wat jy was ‘n laaste keer te eer © Barbara Smit 15/10/2020