Lewende sfeer
Haar grond glip tussen my vingers soos tyd, woordeloos vertel elke sandkorrel haar storie, onder my lê moeder terra firma se geheue gebêre in mos kluite en botaniese wortels. Ek ervaar haar eoniese, oneindige geeskrag, ’n sewe hertze hartklop frekwensie. Ons betrap haar blou-groen beeld met ysterstewels, los littekens van besoedeling en ontbossing; […]
Laaste ligstrale.
Laaste ligstrale. In die jaar 2147 het die aarde feitlik haar asem verloor. Die son was bleek, die oseane dor, en die bome het hul wortels gelig en geswig. Menslike oorlewing het gehang aan versplinterde ekostelsels en gebreekte satelliete. Die lug het soos as geword – liggies grys, smaakloos en sonder lewe. Wat eens geblom […]
katseblad
jy weet nie – weet jy wat ek wil sê is goud in die mond van straatdigter lê die woorde onontginbaar stil hou liewer jou gedagtes vas wag vir regte oomblik spoeg dit dan uit soos bitter alwyn groen drek wat oë rek verbasing uitspel geraas maak op jou vel geluide uit mens-se-hel […]
Die sinkgat
Die sinkgat (Brons) Fiksie , Wilhelm en sy vriend Ihmram sit voor die televisie, elkeen met ‘n bier in die hand, terwyl hulle wag op die televisienuus wat binne ‘n paar oomblikke moet begin. Wilhelm was nooit juis ingestel op die nuus nie, maar die abnormale gebeure van die laaste tyd het hom gedwing om […]
Moeder van stof en graniet (Goud)
Moeder van stof en graniet Ek is oud – selfs ouer as al jul tale, my lyf is gebrei deur vuur en ys. Ek voed jul met hande vol grys lig, maar verdra jul dorstigheid soos las. My lyf is oopgeskeur, gekerf en gebreek deur monstermasjiene, deur delf en bou. Jul bou wolkekrabbers op my […]
Gebreekte skakels [Silwer]
Bekend is die spreekwoord: ‘n Ketting is net so sterk soos sy swakste skakel. As ek praat van ‘n ketting van die aarde, dan bedoel ek ekologiese-ketting. Met die skepping van lewe op die aarde, het God, na my mening, ’n volmaakte ekologiese-ketting vir die voortgesette versorging en instandhouding van die aarde uitgewerk. Daarna het […]
Weg hardloop
snorkblaf die wedren knal ń trop vlug as een vel saamgevoeg in spoed kruppel ou bok vreet laaste grassie staan gedoem verligting in dié trop baas tot laaste bok koppe lig op kyk, luister snuif as roggel ontsnap in voedsel strot van aanvaller en ou bok © Koos Elsum
Die Keuse
verdwaasd kinder oë agter dik klei mure staar na army bootse, die donkerbril koppe wat doelgerig loop sonder om te groet gemaskerde soldaat oë bespied die terrein want bewegings is gevaar, kinders en stom vroue sit as klompies vleis sonder om te groet gesluierde vader oë sit geïsoleerd in moderne tuiste, maak versoeke besluite ongeag […]
In die heel begin (en nou ook) was daar niks
Daar het ʼn leegheid oor alles gehang. Die aand was baie, baie donker en vrees en onsekerheid het soos ʼn dreigende monster die kar se binneruimte gevul. Deur die getinte vensters, het ek die omgewing beskou. En my hart was toegekramp deur ʼn angstige vuis. Dit was nege uur, maar die straat het […]