Lewende sfeer
Haar grond glip tussen my vingers soos tyd,
woordeloos vertel elke sandkorrel haar storie,
onder my lê moeder terra firma se geheue
gebêre in mos kluite en botaniese wortels.
Ek ervaar haar eoniese, oneindige geeskrag,
’n sewe hertze hartklop frekwensie.
Ons betrap haar blou-groen beeld met ysterstewels,
los littekens van besoedeling en ontbossing;
ons dade word op haar vel weerspieël
maar sy gee steeds met oop hande soos ‘n moeder.
Ek beleef haar onsterflike, grenslose energie,
’n alfa polsslag van eksistensie.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir April 2025 – AARDE projek