Bont Trane Bring Helder Lag
Bont Trane Bring Helder Lag Trane ken ek goed. Alle kleure van hulle het ek al gebruik. Kommer oor môre, gister wat was. Partykeer meer, soms minder. Ander kere te veel, of weer te min. Langs ‘n graf, met ‘n gebreekte hart. Ja, geluk het ook sy kleure, en helder trane gebring. Die lag, die […]
Kan Iemand My Hoor
Kan Iemand My Hoor!? Sien jy die stof, of maak my gemoed se bloed dit dof? Kettings van berou sleep swaar spore agter my aan. Ek was wreed, ek was verkeerd. Spiese van haat steek nog in my rug. Hekse vervloek my steeds. Hier in die lewe se kaak het ek beland. Maak my eerder […]
Oue Duitsland
Brons Oue Duitsland Tussen die stegies staan jy in die grou. Stukkende hande het jou steen-vir-steen gebou. Vandat die son sy lig laat skyn totdat die maan in die skemerte kwyn. Vandag vier ons ‘n groot dag Middeleeuse gebou! Jy is vandag ‘n hele seshonderd jaar oud! Jou fondasie is diep en dit […]
ontvlugting GOUD
ontvlugting – Silwer wat is die lewe sonder drome dan die euforie daarvan om op sjampanjeborreltjies te dryf en die hoogte in te skiet en tussen die sterre vanuit die hemelruim kabouters en feëtjies te bespied of deur ‘n warrelwind meegevoer te word gewigloos tot waar jy jou op spookasemwolke bevind vry tussen reënboë […]
Vir pa
Brons Vir Pa My knieë is laag gebuig vandag want in my hart groei woorde sag Mag U hom vashou waar hy nou is en mag U vrede sy hart vanaand sus Mag sy dag se sorge van sy rug afgly en mag dit reën waar sy skape wei. Stuur die engelekoor om […]
Kardiomiopatie
Kardiomiopatie hulle sê ek het ’n hartsiekte kardiomiopatie my hartspier is verswak sê hulle maar niemand vra wat my hart moeg gemaak het nie niemand vra van jou nie *** want ek weet wanneer dit begin het nie op ’n monitor nie, nie in ’n verslag nie maar daardie oggend toe jy vir my gesê […]
Die sondes van die vaders
Die sondes van die vaders In die veld kan jy maklik sien waar iemand voor jou geloop het. ’n Paadjie vorm vanself waar voete oor jare op dieselfde plekke trap. Die gras raak eers yler, en verdwyn dan heeltemal. Die grond word hard. Lank nadat die mense weg is, bly die voetpaadjie nog sigbaar. Families […]
Feetjiesirkels van die Namib (goud)
Feetjiesirkels van die Namib wanneer ’n bleek maan laag oor die Hartmansvallei draai hou die wind verleë sy asem op as feë ligvoetig kom dans oor sand wat skyn soos sterstof dan strooi hulle geheime om en om in sirkels terwyl hul tergerig trap en tol omring deur roesrooi rotse tussen oeroue goue sekelduine waar […]
Gelapte snare
Gelapte Snare Bosveldson, helder maan. Vuur wat brand, ‘n kitaar bring sy harmonie saam. Ek sing saggies saam met musiek van die goeie ou dae. Kampvuurkoffie mag klink soos gelapte snare. Vleisie oor die kole met iets sterker wat kan skop, is hoe die meeste dink. Maar hier in die bos, waar die natuur nog […]