Jongste aktiwiteit:

RESENSIE: Wadjda, die Meisie en die Fiets, die film

In ‘n land sonder bioskope word ‘n film gedraai. In ‘n land waar vrouens so te sê sonder sivielregte is, draai ‘n vrou ‘n film. In ‘n land waar vrouens en meisies vanaf twaalf slegs met sluier op die straat mag verskyn en nie fiets mág ry nie, sit ‘n meisie alles in om in besit van ‘n fiets te kom. Hoe kan dit uitgaan? (Die regisseurin mag self nie eers op die „set” saam met die handwerkers en tegnikusse werk nie, maar van ‘n bakkie uit wat daarnaby staan, haar aanwysings gee.) En dit gaan goed uit. Daar het ‘n besonders suksesvolle film, wat alreeds ‘n prys in Cannes gewen het, ontstaan.

.

[WADJDA, die Meisie en die Fiets; 2013 uit Saudi-Arabië.]

.

Die elfjarige Wadjda word op pad skooltoe geterg. Die seun van die bure gryp haar toebroodjie weg, maar sy kan vinniger hardloop, en kry dit terug. As hy op die volgende dag haar sluier weggryp kan sy hom nie inhaal nie, want hy ry haar met sy fiets weg. Die meeste seuns het ‘n fiets, en sy wil ook soiets hê. Daar en dan besluit sy dat sy ook een gaan kry.

Maar dit kos agt-honderd Real. En hoe kom mens aan sulke groot geld? Sy vleg armbande in die kleure van die sportklubs, maar die Sjinese maak dit goedkoper. Sy dra briewe vir ‘n groot meisie aan haar „broer” en kry dubbel „posgeld” daarvoor, eenmaal van haar, eenmaal van hom. Maar aan die einde van die week het sy karige sewe-en-tagtig Real. Dan kondig die skoolhoof aan dat ‘n groot Koran-kompetisie gehou gaan word, en die hoofprys bedra een-duisend Real. Sy skryf in, neem deel aan die ekstralesse vir die kompetisie-deelnemerinne, koop ‘n CD-rom met ‘n vraag-en-antwoord-program oor die Koran. En sy studeer en studeer en leer lang tekste uitwendig.

Ons sien mos wat gaan kom: Ook by Christenkinders is dit onreg om vir soiets soos ‘n fiets of ‘n Nintendo te bid. Om nie glad sondig te sê nie…

In die storie word die lewensomstandighede van die vrou in ‘n mosleemse land, in hierdie geval Saudi-Arabië, ingevleg. Dit word nie propagandisties aangepranger nie, maar net beskryf. Hoe byvoorbeeld die vrouens, wat nie motor mag bestuur nie, bestuurders moet huur om hulle oralheen te karwy, en wat die vrouens ru behandel: „As julle nie met my wil ry nie, roep ‘n taxi.” En taxis is duur. Maar die twaalfjarige buurmansseun kan so iemand ewe uit die hoogte die Lewiete voorlees en hom vrees injaag omdat hy half onwettig hier werk, sodat hy skielik sy parmantigheid verloor en ‘n hele paar note tiefer neurie. Môre staan sy kar weer voor die deur.

Dan is die vraag, hoe gaan mens om met die veelwywery? Hoe is dit wanneer ‘n tweede vrou aangekondig word?

Dis weer so ‘n film: Dis nie ‘n aardrykskundeles nie, gemeenskapskunde ook nie, maar so padlangs leer ons iets van die leefwyse van mense met ‘n ander kultuur, wat ons s’n baie naby is, maar wat tog taamlik afwyk. Die regisseurin het gesê, sy neem die toestande in haar land so aan soos hulle is. Dis haar lewensvoorwaardes. Sy wou net ‘n storie van ‘n moderne jong kind vertel wat moderne jong gedagtes het en miskien ‘n ietsie anders optree as haar ouers.

Dis ‘n mooi film en dit loop dog alles goed uit met ‘n verrassende wending aan die einde. Die film verdien beslis meer as drie sterre (normaal), maar dit speel op ‘n klein skaal af —  niemand red die wêreld of verower ‘n ander planeet nie —  en buiten Wadjda se moeder is almal lekedaarstellers (daar ís TV in die land, en daarvoor het hulle tognog toneelspelers nodig!). Goed gespeel en oortuigend.

Vier sterre.

©.2014…………………………………….◄]:o(.|****|.(o;Þ………………………………………..tje




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed