Vir die kêrels daar buite
Vir die kêrels daar buite
jou eksie-perfeksie sespakkie
alles sit op die regte plekkie
of dit is hoe jy glo, kêreltjie
dink jy jou gespierde lyf sal
die meisies se knieë lam maak?
jy wat soveel grade verwerf het
praat in tale waar ek g’n kop
of stert kan uitmaak nie, kêreltjie
vermoed jy die meisies stel
net belang in geleerde ouens?
jou super duur pragtige karre
saam met jou prag en praal
alles is net ‘n naam, kêreltjie
sal jy sowaar bereid wees om ‘n
meisie soos goud op te pas?
jy is ‘n boerseun met ‘n plaas
ja, jy kan skiet en is prakties
maar ek het nuus, kêreltjie
nie almal stel regtig belang in
John Deere en sy maatjies nie.
Kêrel, dis nie die moeite werd nie.
©Roeline
18 Januarie 2017
10:03
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.