
Hoelank nog?
Hoe lank nog
Ek kyk om my rond en
ek lees,
ek luister,
en ek raak stom,
verslae oor al die ellende in ‘n wêreld van
hongersnood, oorloë, dood en siekte en
ek sit my oop bybel eenkant neer en
vra in ootmoed biddend
Here,
al die ellende is nie vir U oë bedek nie
en die ewigheid is onmeetbaar selfs
een dag is soos ‘n duisend jaar en
duisend jaar soos een dag
maar,
ons hier in tyd se ellende vra in wanhoop
hoelank nog Here,
hoelank nog?
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.