Jongste aktiwiteit:

‘n Vrou en ‘n kind

soms het sy saronge
om die ronding van haar lyf gebind
en die kind wat in haar sluimer
laat ontwaak –
sandaal se gespe los gemaak
en weer kaalvoet spore
oor ‘n strand getrap

tot waar branders in die sand wegsak

en onder wolke se wit
en hemelse blou
weer ‘n droomkasteel
in die lug gebou

© C. Shaw
5 Februarie 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed