Die brandmaer meisie
Die brandmaer meisie
Ai, mooie maer meisie
met jou fake geel tan
fake gelerige gel naels
fake duur grand klere
super high bling shoes
en fake bruin highlights
in jou blonderige hare,
eet jy ooit genoeg, skat?
Dink jy, engel, met daai
lae op lae make-up
wat in elk geval soos
‘n aangeplakte masker
lyk, jou uitgebrande teer
brandmaer klein lyfie
sal die fake gespierde
ouens in jou web lok?
Skattebol, hoog tyd,
word wakker in hierdie
ongenaakbare wêreld,
want jy lewe onbewus
in ‘n fake plasticworld.
In daai geval, waarom
wil jy jouself verniel?
©Roeline
17 Januarie 2017
7:23
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Hallo, Roeline. Ek is baie bly om jou hier te sien. Groete Carma