
Eenkant soos ‘n wildsbokkie
Eenkant soos ‘n wildsbokkie
Waarom vrees mense die stilte
en om alleen te wees?
Waarom liewer een met die skare ingehok
in oorvol kafeetjies, winkels en restaurante
onrustig en bang om eenkant afgesonder te wees,
vanwaar die kudde instink van veilig in die groep?
Ons sekuriteit is gesteel,
die alleenmens het ‘n prooi geword
agter slot en grendel verskans,
weerloos soos ‘n wildsbokkie
eenkant weg van die trop
maar,
die gevare ten spyt sê die spreekwoord
alleen, maar nie eensaam nie,
leer dus om saam met jouself te kan lewe – – –
Janetta – Helena [Babs]©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Roeline
Ek hou baie hiervan.