Jongste aktiwiteit:

My Binnekamer

in my binnekamer
staan ek alleen van pretensies gestroop
naak voor U met al my rou met al my seer
in my binnekamer
val my wêreld-mombakkies af
die een met die aangeplakte lag
lê in skerwe op die grond
in my binnekamer
val ek smekend voor U neer
kan ek bely
ek is net ‘n stukkende kruik met geen gebruik
kan ek 7×77 en meer keer smeek
Heer vergewe my
in my binnekamer
word potskerwe sagte klei
wat U tot iets diensbaar brei
in my binnekamer
is die wêreld se stem uitgedoof
kan ek vrede vind
red U my siel
kan ek U loof
is ek U kind
word my binnekamer ‘n skatkamer
waar mot en roes nie kan verniel




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak