Jongste aktiwiteit:

Kelder Van My Hart

Aangedrewe tot als, aangetrokke tot almal,
Opgesluit tussen mure van vlees,
Toegesluit in kastele van idees,
Ver versteek tussen berg en dal.

Die weermag van my gedagtes patroleer onophoudend die strate deur,
Angstig opsoek na die geslepe vyand van rekening en realiteit,
Die patriarg sal stilletjies vir hom wag.

Die gruwelike draak is grusaam verslaan deur swaarde van verbitterdheid
En ‘n bateljon vol selfversekerdheid,
Vure rampspoedig geblus sodat hierdie gedierte saggies kan rus.

Hard geveg en diep gedelf – die skat lệ daar in die kelder van Self,
Diep geborge soos ‘n familie sonde,
Skielik geopenbaar uit die kamers van my hart waar
Hoop verenig met smart.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed