‘n namiddag in Stellenbosch (laatherfs)
wyl witstamberke
se blare geel raak,
die druif se blad
tot roesbruin kom
die berg se piek
so effe skuins leun,
geëts teen blou
en amperwinterson –
pryk amber akkerbome
so laatherfs loofverlore,
staan straathoek bedelaars
in komberse toegemaak
en weerklink deur endlersale*
sang in vele tale
– word pepermossies*
uit nuwe monde hergebore
© Carma Shaw
22 Mei 2017
*endlersale – verwys na die Endlersaal in die Konserwatorium op Stellenbosch Universiteits kampus
* pepermossies – verwys na Laurika Rauch se liedjie ‘Vir ‘n pepermossie’
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Hierdie is nou hoendervleis mooi Carma