Die onbeantwoorde vraag
Waar spookbeelde
skadu’s gooi
om die donkermaan
‘n bestaan sonder rede
is nie Lig nie
is nie Son nie
is nie Lewe nie!
Die leӫ stilte beweeg stadig
alles staan stil, alles verstaar
in die hemel is soene
al die sandkorrels op die aarde is liefde
Vervreem
Verhonger
Verwaarloos
Verdor
Watter doel bring die lewe se storm
Jou regte?
kyk ‘n tydperk loop ten einde
uit die hart se akkoorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek