Jongste aktiwiteit:

E-pos vir jou

In die maanskyn sien ek jou staan
onder ‘n sterrehemel vol bloeisels,
omring deur muskiete in ‘n baan
wat om lig streep in wilde sirkels.

Jy versamel al die blink silwer sterre
en diere leef en speel met jou koms,
jou nabyheid bring vrede en ‘n belofte
wat harte vul met vreemde storms.

Van dag na nag, van kleur na kleur,
reis jy deur opgewonde gedagtes
wat afwagtend staan voor die deur.

Jy vul met blydskap en gee ‘n rede,
en ek kan die gevoel nie meer bestry,
ek wil jou bemin met my hele wese.

27/07/2017 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed