Jongste aktiwiteit:

gister

gister
ek sien die dag as die reuk van vars
deur die gange van elke sintuig brand,
die vryheid van my gedagtes soos arende sweef
en die sterf van my wees, stil bly lê
voel ek die grond van aartappel se oes
die reuk van Knysna se bos
en die nat van dou,
die nuut van elke winterblom
teen die hang van Tafelberg se koud
sien ek die son in elke kleur van jou oog
jou vingers oor die voel van my lyf
en ek my gang na een plek
tot die ander laat verplaas
en gister sy plek helder volstaan
@Anton Kilian




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed