Goeie nuus om julle boeke/bundels te bemark!!! Groenheide
Indien die bundels en boeke reeds gepubliseer is, sal ons dit met graagte op ons webwerf lys. Ons sal net graag so paar van elke boek in voorraad wil hou aan hierdie kant (m.a.w. op konsinjasie), en sal sommer ook van hulle by die plaaslike boekwinkels op “ons” rakke sit.
Vanaf die webwerf verkoop ons dit nie teen ’n wins nie, maar vra wel vyf rand “moeite-fooi” wanneer ’n boek verkoop. Hierdie word sommer by die prys gelas. Vir e-boeke vra ons niks nie, want die rekenaars doen mos al die werk.
Die boekwinkels wil 25~35% wins hê, maar hulle arms kan gedraai word om minder te aanvaar.
As dit reg is, e-pos vir my ’n lys van die boeke en bundels (titels, ISBN’e, lokteks, ens.), die voorblaaie en die prysstruktuur, m.a.w. wat is die minimum wat julle wil hê en waarvoor julle dit gewoonlik verkoop. En dan pos vir my so vyf of ses van elke boeke, net om mee te begin. My posadresse is:
Robert Sadler, GROENHEIDE BOEKE, Posbus 508, Hartenbos 6520, of
Robert Sadler, GROENHEIDE BOEKE, PostNet Mosselbaai, 6500, of
Robert Sadler, GROENHEIDE BOEKE, @1 Langeberg Mall, Mosselbaai 6500.
Ek stuur dan elke maand ’n staat wat die verkope aandui en maak ’n betaling as die balans meer is as honderd rand.
Ons lys egter nie sulke “buite”-boeke in ons brosjures wat na groothandelaars en ander boekwinkels toe gaan nie, aangesien ons nie beheer het oor die voorraad nie. Maar hulle sien wel die boeke raak op die webwerf en dan vind ek uit by die skrywer hoeveel boeke hulle nog het, en so aan.
Vriendelike groete,
Robert Sadler
robert@groenheide.co.za
OF besoek die webwerf vir verdere inligting
http://www.groenheide.co.za/
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.