Ontslape oorblyfsel (Vonkelnuutvry)
Na jou het kil koue
soos vloedreën
in my hart opgedam.
In die leemte daarbinne
het woedevlae waansinnig
soos pokke opgevlam.
Spyt het my vuurspuwend
met die stiegriem gemoer
wyl wraak my vermaaklik
deur sluwe oë beloer
Tussendeur die gille
van ‘n gebroke inner-ek
en ‘n verkulde beterwete
wat my met blaam bevlek,
het ek onder watervallaafnis
-naas ‘n donker grot-
oorblyfsels van jou
van my lyf afgeskrop!
Ek het my brakbittertrane
in vredespoele uitgestrort,
my haatskreet al brakend
oor die kranse gekots
en daarna –
daarna
het die wolke voor die son weggegly –
en God weet ek was eensaam
maar vreedsaam
en vonkelnuut vry!
©Loretta Szikra
20190405
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Carla Visser
Rou, eg en bitter goed geskryf!!