Jongste aktiwiteit:

Skerwe van my hart

Skerwe van my hart

Losgebreek
siel en gees
‘n traan wat rol
oor wat was

in jou jeug
het jy trou beloof
“jy is altyd myne”
het jy woorde geuiter

maar…verkeerde keuses
het ons uitmekaar gedryf
versoening vernietig
deur hardkoppigheid

my hart lê in skerwe
stukke verewig verloor
ek is deur die lewe
nie deur liefde bekoor

‘n herontmoeting so bittersoet
deur die are pols liefdesbloed
“altyd joune” het my gedagtes geskreeu
maar gister se hartskerwe lê gebroke op die vloer…
©PcV




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed