Bakkersbrood
Bakkersbrood
In jou aangesig se sweet
sal jy bakkersbrood eet
totdat jy
terugkeer na die aarde”
hy was jonk, fris en vol krag
die wêreld was sy oester
hy kon nog veel vermag
van vroeg tot laat het hy gearbei
vir alles het hy kans gesien
want, rus kan later kom
sy hande is kliphard
soos dit hierdie man betaam
maar…
die jare het sy tol geëis
die lyne weerspieël moegheid
en saans, vroeg – vroeg
val hy doodmoeg in die bed
om more in die vroeë oggenduur
weer op te staan
en sy pond daar diep onder
waar die son nie skyn te verdien
want, in jou aangesig se sweet
sal jy bakkersbrood eet
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.