
digtershart
diep sit hy en peins
droë duine-wind om hom
waai liggies deur sy sielsgemoed
hoe breed wil jy dan sien dink hy
so wyd soos die Heer se genade
in sonskyn of winterskade
polsende digtershart
in stille smart
vrolike
hart
het
digter
‘n hart?
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.