Vergifnis vry
Die geheim lê
nie diep of onbereikbaar nie
dit is binne bereik
as jy dit wil hê
as jy die kans vat
op jouself
om vry te val van gister
se foute
want ons is net mens
sondaars
maar ons is selfsugtig
om selfs dit
vas te hou
wat ons terug hou
dis dan myne
en joune
die deel daarvan
kan ons dan net
beraam in skuld
en ons sleep dit saam
al kan ons dit nie
meer dra nie
al is ons afgemat
al slaap ons nie meer nie
dra wil ons dit dra
want wat is ons
as ons leeg is
wat bly dan oor
hoe gaan ons dan
daardie donker leemtes
smoor
die keuses lê oop
en wie wil hulself
nou regtig ontbloot
die skaamte
die bekommernis
die vuil
die verlede
maar hier is jou kans
die geheim is
gee jouself oor aan God
al jou dinge waaraan
jy so vashou
in selfsug
in vrees om te deel
want wat sal die ander
nou sê
as hul moet weet
as hul moet deel
in my bagasie
gee jouself oor
tap jouself leeg
word meer in die leemtes
vul jouself met vergifnis
gun jouself om
te laat gaan
gun jouself die kans
om gevul te raak
met God se beloftes
wat Hy so lieftalig vir jou vashou
gun Hom die kans
om jou te wys
wat lê verberg daar diep binne
jou dieptes
gun die Here ñ plek
in ruil vir daardie vrot bagasie
en jy sal die sade
wat Hy plant in jou gees
sien groei
en jy sal vry wees
om te groei
in die tuin van God
kom nou
dit begin by jou….
Chantelle Holder
© 2015
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.