Jongste aktiwiteit:

Swart

Swart

gee my ‘n swart roos
die kleur van rou
die kleur van dood
die kleur van donker

geen kleur(e) meer nie
slegs swart
verf alles net swart
donker hou daarvan

donker is my vriend
ons ken mekaar al jare
ons hou van swart (smart)
geen son, slegs duisternis

wanneer donker my omarm
met sy seekatarms
sak ek dieper weg
in sy duisternis

my hart is swart
geen kleur in my lewe
duisternis het oorwin
donker en duister
my beste vriende vir ewig

totdat daar dalk eendag
weer lig skyn
deurbreek
na my diep duisternis
en ek kan glo
daar is lig
dalk God se lig

Retha Lochner ©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed