Jongste aktiwiteit:

uitsig

op my duin sien ek lewe
lewe van beide kante af

vrou wysheid kom sit op strand
en sprei haar liefde uit om haar
sy roep almal wat na liefde soek
hul kom na haar en word verkwik

vrou dwaasheid kom lê op strand
en sprei haar verloklikheid oop
sy roep almal wat soek na plesier
hul kom na haar en verwelk dan

op my duin sit ek en droom
oor volmaakte plek van rus
plek waar wysheid reeds heers
daar waar vrees en liefde knus

op my duin sit ek bevange
en kyk hoe mense verdwaal
dwase vryheid hul kom haal

op my duin sit ek en bid

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed