Jongste aktiwiteit:

Toe ons nog jonk was

onthou jy hoe het ons gedink
die windpomp waai die wind
hoe die blinksaadgras in die moreson
vir ons kon dans en wink

ons kon prentjies in die wolke lees
soos stories in ‘n boek
fonteine kon ons ons verbeel
waar hitte op spookpoele speel

geglo dat eggos in die koppe
weerklank se roepstem is
dat oumas altyd daar sal wees
om uit storieboeke voor te lees

ek onthou die telefoondraad se sang
en die roepblêr van ‘n weggooilam
kiewiete wat verskrik opvlieg
hul nagroep aan die winde ryg

ons lugkastele op die strand
het telkens weggespoel in die sand
terwyl die son soos gouestroop
in die kopersee wegloop

ag hoe kan ek hierdie hunk’ring stil
wat aan my kleef teen sin en wil
ek wil weer kaalvoet in die wit sand speel
en die wind weer teen my wang voel streel




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed