Jongste aktiwiteit:

In ink

as ek die see se sout
net laf kon maak
die Drakensberge dalk
middle deur kraak

as ek die wolke
droog kon drink
en die somerreën
in kraters kon skink

as ek elke liewe ster
se blink net dof kon vryf
en die bloeisels
in die hemelruim laat dryf

as ek elke liewe
blerrie ding
net heelemal
oor kon skryf

(maar ek kan nie
want jy was lief vir my
in potlood
en ek vir jou
in ink).

© Carla Visser
07.03.2017




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed