Selfaanvaarding
Selfaanvaarding
Ek staan stil met my hart op my mou
sien die seer versteen in jou sielspieëls
waar biggel trane smeersels,
Revlon foundation laat
en mascara teergrys vlekke los
prewelbedes in ‘n droomlose nag
nog ‘n uitkerf-kuns op jou lyfie sag
wroegletters in bloed geskryf
donkerduiwel satanskind
by kennisgebrekenis sal jy nie vrede vind
onder die emo verskuilde gelaatstrekke
lê die slaaplose kringe van waarheid
‘n siel wat duisterstom krete gil
smart beklemtoon jou skoonheid
die kleur van dood op jou mond
Enigma reuk verlig die somber sfeer
taai bloed stol in die holtes van jou palm
versugting van nog ‘n verwerpte dag
aanvaarding is ‘n koggellag
more is een dag nader aan die oordeelsdag
© Retha Kelly
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.