My Ma
My Ma
lank rus jy reeds onder die Sipres bome
met gras verstrengel tussen die klippe,
die laaste woorde reeds verbleik
met jou naam wat in H O O F L E T T E R S pryk
as kind kon ek nie verstaan
van ‘n blom is
g
e
p
l
u
k… jy moet gaan
so koud en leeg was die woorde toe
‘n kennismaking met hoekom en seer
in die spieël kyk jou oë terug na my
hoekom en seer af geëts, klouend
‘n verouderde gesig… moeg van smart
bloedloos hierdie bloeiende hart
wens ek kon jou ken met vandag se verstand
dat ons kon praat land en sand
ek wou myself soek in jou
deel in jou vergete drome
dalk sou ek myself verstaan
in hierdie oerwoud van onthou
‘n verklaring hȇ vir hierdie gemoed
wat eindloos woed
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.