Jongste aktiwiteit:

Winter In ‘n E-Pos

Ek stuur vir jou die winter in ‘n e-pos
daar’s geen aanhangsels by
of selfs eers prentjies nie.
Die lente klop reeds aan my voordeur,
ek kliek op stuur en laat dit vry

want jy is ver, daar in die suidland
waar die son die heel jaar skyn
en ek is hier,
hier in die noorde
waar die lig soms sonder rede kwyn.

Ek hoop dit vind jou spoedig
om die lafenis te kry
ek sien die droogte, hitte, vloede
maak weer beurte
om jou wêreld te kasty

maar spoedig kom die winter
met sy koue yskaros
trek dit oor die warm aarde
laat die saad nou rus wat in die
somer weer tot volle vrug uittros….

© Anton Bosch 17/03/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed