Jongste aktiwiteit:

Digters wens

Digters wens

sal my naam tog soos ou digters, ou bene maak
en my oë tog soos ou digters die hemel raak

ek wil swerf oor die vlaktes van kennis en denke
al verdwaal ek af en toe op die voetpad van leemtes,
met my muse wat soos ‘n handlanger langs my draf
in die hoop om ‘n greintjie manna woord te ontvang
en te dors uit die put van emosie, emosie dors
uit dieptes van voel en empatie sonder voorwaarde
en ou digters kierie om die verstand te stut

sal my naam tog soos ou digters, ou bene maak
en my oë tog soos ou digters die hemel raak

my siel wil skep sonder die bitter aalwyn
wat soms bos met die ontkenning van lewe,
wil ek sien tot agter die ooster vlam,
ek wil hoor hoe die nag simfonie
sy harts melodie klank, klank op elke deuntjie
van erkenning en ink wat lewe met elke woord

sal my naam tog soos ou digters, ou bene maak
en my oë tog soos ou digters die hemel raak




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed