Jongste aktiwiteit:

Het my brein ‘n bouval geword…

Het my brein ‘n bouval geword…

My gemoed is so leeg vanaand, wil nie voel – wil nie weet…
nou sit ek met ‘n muse wat nie kan, gelaat sonder ‘n woord,
soek ek na iets tussen al hierdie bouval van herinneringe,
na iets wat rym – maar nie te groot.

Wou ek vir jou skryf oor seer en die groot gemis,
maar die knoppies van die rekenaar bly dom en leeg,
hoe kry ek hierdie blik om te dig as elke sin, hewig betwis…

Voel ek dan nie meer…
is die wêreld om my te seer?

Ek wou skryf van bouval en sy laaste lig,
maar haak vas by die leë gange van my brein,
wou sê wat ek voel en wat hang aan my sig,
maar eindig elke keer met ‘n gebroke lyn.

Beton voel mos nie Heer,
hoekom dop sy vel in die aanslag van tyd,
roep sy gange die laaste eggo’s nie meer,
hoekom soek ek nog lewe agter ‘n gebreekte ruit?




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed