Jongste aktiwiteit:

Onbekende Fietsryer

Half agt…
Die verkeerslig slaan groen –
nie een kar beweeg nie,
my oë soek en verstar…

Gistraand het jou oë dalk nog –
aan die melkweg gehang…
met jou asem
wat sug soos die nagwind
en warm wasem
uitlaat wat die koue wou vang.

Gistraand het jou lyf dalk nog –
die linne gekreukel…
en dalk, net dalk in sagte voue
van lief en omgee weg gesink,
sonder om te weet van die donker
wat staan en wink.

Vanoggend het jy dalk nog –
met jou koppie koffie vir die son
gewag …
terwyl hy op die horison blom
en vir die wêreld lag.

Dan haastig klaar gemaak,
‘n pap wiel gepomp
en jou voor berei vir die dag
se gejaag…

Jaag na niks –
jy’t nie die vier en twintig ton
trok gesien…
tussen rooi en blou lig,
het die son sy gesig
vir jou laat sak.

Nou lê jou asem op die teerpad…
en die dood – ja die dood het met jou siel gevlug,
lê die linne oor jou oë
sonder ‘n asem sug,
laat jy almal bewoë
en verward.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed