Jongste aktiwiteit:

Sprankel hoop vir Kersfees

Dis laat en dis Kersfees,
hier en daar blêr nog onvanpasde musiek
met klappers wat skiet so in die niet
en sterre wat skamerig en yl flikker
sonder kersgesang of sagte liriek

Donker het sy mantel uitgehang
soos ‘n morbiede engel sonder rigting
om die skitter van Kersfees
uit sy plig te verdoem
en Lig te laat sonder verpligting

Samesyn en Naasteliefde is oopgeskeur
onder die vyandigheid van die mensdom
en Hoop dwalend onder die melkweg
soos ‘n verlore verlate kudde
sonder Herder, sonder wasdom

Kersfees het sy kinder geloof verloor
en ons staan soos dooie poppe in die vensters
van die lewe, gevoelloos en gestroop
sonder ‘n sprankel in die oog
en doof vir al die engele fluisters

*

My Meester,
laat my weer glo soos ‘n kind –
brand geloof weer vars in my siel
en laat Kersfees weer Christusfees word
vir hierdie wêreld so verlore en blind

Laat ons soos wyse manne trek
na die einddoel van ons bestaan
en laat U liefde soos die Bethlehem ster
in ons skitter as ‘n baken van hoop
vir al die donker siele wat vergaan

* Met apologie aan Carma Shaw




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed