Die gesiglose held
Die gesiglose held.
(vir Cappy Peacock en die reddings manne)
Waar bloed en sweet
met vrees meng
en die gevaar
reeds deur ‘n skudding
bepaal is
vind jy hom
diep onder
waar klip geval het
of ‘n brand gebreek het,
soms tussen moddersluik
sal hy met net ‘n harnas
of kniediep in stof en rommel
grawe vir die geskonde of ongeskonde
want, niemand word agtergelaat
en elkeen ruk aan sy hart
hierdie is die onbekende man
wat sy lewe op prys stel
terwyl sy vrou en kinders
biddend tuis sit en wag –
soms dae aanmekaar
vir nuus, “jou man is hier
en hy is veilig”
hierdie is die gesiglose helde
wat ten spyte van
‘n moeë liggaam en gees
elke minuut laat tel
tussen die riole van die hel
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.