Omdat Hy leef….
U grootheid staan volstrek
vir almal om waar te neem
om dit wat vredeliewend is
ons eie te maak
want dit is die Here se seën
vir ons almal
hoe lief is Hy vir jou en my
om nie Sy wil
op ons af te dwing nie
die keuse tussen goed en kwaad
die Een stem
wat met ons praat in gees
Saam wie wil jy veraltyd wees?
Mag jy ñ Goddelike ontmoeting beleef
met die Enigste een wat
alles in mekaar weef
mag jou leemtes gevul word
deur Sy sagmoedigheid
en die nietigheid van wat was
Hy heeltemal skoonwas
Mag die teleurstellings van mense
vir jou geen betekenis meer gee
en wanneer jy terug kyk
na die onreg en seer
mag jy glimlag en weet
jou Verlosser leef.
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.