Jongste aktiwiteit:

Stukkies identiteit

as jou tong
soos tweesnydende swaard
my hart oopkerf
en jou gifwoorde inspuit
deurweek van leuens

twyfel skeur my lewe aan flarde
wanneer jou eggo
deur my siel weergalm
die bitter beker wat my lewe oorstroom
was ek ooit goed genoeg?

al hoe ek kan oorleef
is om al jou leuens
wortel en tak uit te roei
en al jou gif in my sisteem
met waarheid te vernietig

vind ek my nuwe identiteit
tussen die gebroke stukkies
van wie ek was

©Jessica Venter
18/10/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed