Jou eggo
in my dogtertjiehart was my pa my held
alles wat jy doen het vir my gegeld
ek het na ‘n beter lewe gestreef
want jy het my gewys hoe ek nie wil leef
die glas wat op die kas beland en my rakelings mis
beelde van jou altyd steierend stryerig stormdronk
die keer toe ek jou moes bad in my brein toevernis
jy was vasgevang in jou mensgemaakte tronk
ek wou net die beste van jou glo, jy was my als
selfs toe jy terugkeer na vyf jaar
was my verlange na jou nog daar
maar jou aksies klits my onderstebo, was jou liefde dan vals?
jou drankasem wat ek op my lippe smaak
die walms walg my, wurg my, dit maak my naar
jou woorde “ek sal jou nie swanger maak”
eggo jare later steeds deur my siel
©Jessica Venter
16/3/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.