Jongste aktiwiteit:

Van Metaal en Vlees

Harte word geweef
van metaal en vlees
gloeiend soos die koperson
koud soos die winterwind.
Party saai met goud
en maai net as,
maar selfs uit ‘n hart van klip
val ‘n druppel bloed.
Soms draai die somerson
na die ysterwind
en verander vlees
in blinkmetaal
en so word die oerverhaal
weer en weer herhaal.

© CJ Laing 29/12/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed