Die siel van ‘n digter
ek weet ek moet gaan,
al smag my siel (in bardo)
na ‘n vleeslike bestaan –
soepel vingers
om kwynende gedagtes vas te pen,
warm lippe, om jou te verseker –
ek het jou hart geken
(dat jy kan verstaan)
as ek met ‘n paragon traan
my diepste hunkering
finaal met jou deel
want dood se lang skaduvingers
lok my uit,
oortuigend-wetend van tyd
wat saam met my kosbare woorde
deur die uurglas val
en klewend aan my korreltjie lyf
’n laaste ode
in die aandwind vir jou skryf
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD