SANDLOPER
SANDLOPER
in die vakuum
van jou en my
van stilte in ‘n hol bol
van stilte in ‘n vol bol
soms ek bo en jy ver onder
dan jy weer bo en ek bly wonder
van ‘n hart vol glo
en een daarsonder
van swygend smeekgebede
wat soos sandjies
saggies sonder stilstaan loop
een siel wat onvoorwaardelik
die ander vul met hoop
in die vakuum
van jou en my
meet God se eindelose genade
ons twee se tyd op aarde
© Barbara Smit –06/02/2019
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goed!