Jongste aktiwiteit:

Onsterflikheid

In ‘n tydelike staat van net maar wees
skulp ek soos die kluisenaarskrap
in ‘n liggaam net geleen,
in die hier en nou maar nietig mens,
verganklikheid van bloed en vlees.

My aardse bestaan deur tyd bepaal
– die uurglas wat my lewe rig –
die opkoms van die son en maan,
seisoene se siklies’ kom en gaan
van my verwyling hier die somtotaal.

Maar my bewussyn, ja my siel
– nooit gebore of gesterf –
swerf saam met golwe van die tyd
wat om en om en op spiraal,
geëien deur die ewigheid.

©Estelle Rubow




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed