Jongste aktiwiteit:

SKEMERMENSE

SKEMERMENSE

Bymekaarmaak-klik van wol en penne
buigend krom oor kieries,
versamel soos swaels
voor die winter, of net na reën
en kry hul koers,
tydsaam haasloos
Tokke-tokke, skuifel-skuifel
elk na sy eie vier-muur nes,
eensaam klink ‘n kreun of kug
die nag daal skemersag
steek viervoet voor die gange vas
net af en toe ‘n flinke voeteval
tjierts-tjierts ‘n sagteskoenesool
ruisend engelvlerkgefladder
die hoeder van die donker nag
wat waak en wakker luister
na elke asemteug uit elke nes
wat die donker nag in toom hou
tot die more, tot hoop
vrolik deur die vensters kruip

© Barbara Smit 20/03/2019

Neologismes – bymekaarmaak-klik, sagteskoenesool, engelvlerkgefladder
Interteks: Voëls in die skemering – CM van den Heever

Voëls in die skemering
Voëlgeklepper in die skemer
oor buigende riet,
en soos vlae wit sneeu
uit die ruimte, die hemel,
daal hul neer,
daal soos ‘n droom
En die nag doem aan oor die bulte,
verrysend uit rooi
van sterwend lig,
en die wind ween sag
in die riet,
ween sy slaperige lied
van die sterwende dag
en die nag.
En skemerig-wit
in die duister
sit die voëls soos bannelinge
eensaam
na die weegeroep
van die wind en luister




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak