Jongste aktiwiteit:

ALTERNATIEWE FEITE 1

[Deel 1 van ‘n pledooi vir die opname van die ander ou se mening” in nuusberigte, openbare verklarings, ensiklopedië en ander geskiedenistekste met die trant, Hy het mos óók iets om te sê” of die aangeklaagde moet óók te woord kom.”]

☾✲🕆✲☽

Sedert enige jare – mínstens sedert die verskyning van ene Donald Trump in die wêreldpolitiek – is ‘n nuwe uitdrukking in omloop, „alternatiewe feite”.

Wat is dit, alternatiewe feite?

Dis mos ‘n kielierige politiese begrip wat kan óf seermaak óf mense in hoonlagsarsies laat uitbars. Versigtig, versigtig! Die beste voorbeelde kom aanskynend uit die verkiesingsveldtog ‘n paar jaar gelede van die destydse VSpresident-kandidaat Trump: Daar het verskillende segsmanne verskillende weergawes van gebeurtenisse gegee. En Trump het nie toegegee nie maar by sy standpunt gebly, dat wat hy sê óók die waarheid ontspreek.

☾✲🕆✲☽

Alternatief kom van alterneer, heen en weer beweeg, tussen pole pendel, bv. in wisselstroom, ruil of uitruil, om die beurt iets doen, tussen twee moontlikhede kies of twee moontlikhede aanbied — om te wissel.

Die begrip as sulks kom byvoorbeeld in uitdrukke soos Gee hom ook ‘n kans” en myns insiens” voor. So gesien sou alternatief ‘n ander moontlikheid of kans wees om dieselfde teenstand aan te skou of te betrag. Dit wil sê, ‘n ander sienswyse of perspektief van daardie teenstand. Ek gebruik graag die voorbeeld van ‘n straatkruising: Ek staan hier en sien ‘n rooi lig, jy staan daar en sien ‘n groen lig. Altwee erken ons dat hier voor ons ‘n    straatkruising lê.

En hier gaan dit om die straatkruising, nie om my of jou aansig nie. Eers reg nie om my wil om teen ander mense se oortuigings te veg nie. Maar dit kan eerder aangesien word as ‘n ander sienswyse van iets wat reeds bekend is – ‘n toevoeging, miskien ‘n vervollediging.

☾✲🕆✲☽

° Uit die engelstalige geskiedenisboeke leer ons oor die besluit aan die begin van die neëntiende eeu om ‘n Britse kolonie aan die Kaap as militêre stutpunt in te rig. Daar was ‘n proeftyd kort daarvoor toe die Nederlanders die Kaap aan hul sterker alliëerdes vrygegee het. En almal” was nou tevrede dat dit ‘n goeie, geregte handel was. (Behalwe die Nederlanders natuurlik, maar hulle het ‘n swak oorlogsvlotte gehad, het net in die pad gestaan en was in elk geval onbeduidend.) So of soortgelyk het ek dit geleer – alles ter ere van ons” wêreldryk: Ons stem mos almal ja vir die geregte saak, of hoe?

Dat die Nederlanders of hul nasaat ‘n ander sigwyse kon gehad het, het ek toe nie kon dink nie. Hulle wat ‘n halfpadstasie” om die internasionale handel te bevorder asook vir skepe in nood uit die hele wêreld ingerig het en nie om vyande – egte of vermoedelike – te verdryf nie. Twee waarhede waarvan slegs een voetgevat het.

° Dat die staatstigters van ‘n vooruitstrewende moderne staat ‘n woes bende rassistiese skollies was wat waardevolle en belangrike handelsware met aanwending van geweld gesteel en vernietig het en dat hulle dit as onbeskaafde, barbaarse inboorlinge vermom gedoen het, het ek nie geweet nie.

Ek het wel geweet dat oortuigde jong republikaners in ‘n Britse kolonie moedig hul lewe op die spel gesit het om by die Boston Tea Party vryheid en onafhanklikheid vir Amerikaanse kolonië te verkry wat dan later as ‘n statevereniging gaan optree. (Waarvoor ons mos dankbaar moet wees, ?) Twee waarhede waarvan slegs een voetgevat het.

° ‘n Bose Japaanse keiser was bevriend met twee Europese diktators en het net gesoek na ‘n goeie rede om in die tweede wêreldoorlog in te tree. Daar het hy gesien hoe VS-Amerikaanse skepe onbeweeglik, so te sê hulploos, in ‘n militêrhawe in die Stille Oseaan aangedok was. Gou-gou het die booswillige sy beste bomwerpers saamgeskraap om ses oorlogskepe met drie-duisend man aan boord agterbaks sonder waarskuwing aan te val en uit te roei.

Die drie lede van ‘n politieke pakt, die Axis, het gesweer om mekaar by te staan: As die ene aangeval sou word, moet die ander twee hom kom help. Hirohito het gemeen dat hy ver weg van die oorlog was dat hy nie betrokke was nie, maar Hitler het hom langaanhoudend toegespreek en gedreig totdat hy ingegee het. Die Amerikaners was daarvan bewus en het hom gelok na Pearl Harbor waar hulle Pasifiek-vlotte laam gelê het, want hulle wou ook oorlog voer. En dit in die wete dat hulle drie-duisend man as offer daarbring nog vóór hulle in die oorlog kon intree. Twee waarhede waarvan slegs een voetgevat het.

° En hoe lyk dit met die oorname van ander kolonië, die stigting van ander state?

Hoe is dit hoegenaamd met politiese handelinge en die berigte daarvan? Ons dink aan die „imbedded journalists” in die Irakoorlog wat slegs dít berig het wat hulle gesien het. Wat hulle kon sien, wat hulle móés sien.

En eers reg met finansiële, kommersiële sake? Buiten die „amptelike weergawe”, wat weet ons van wat in die wêreld aangaan?

Hoe lyk dit dan met „Bay of Pigs” — Amerikaanse begin van die oorlog in Indo-Sjina (Viëtnam), by voorbeeld?

[Einde van Deel 1. Deel 2 volg.]

©24e.Maart2019_____🕆_________________tje




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed