Jongste aktiwiteit:

Op ‘n soos vandag

Op ‘n dag . . .
Op ‘n dag soos vandag, as jy wonder wat is die rede dat jy asem haal, hoekom voel alles so doelloos en kaal, so van enige gevoel gestroop. Hoekom voel jy voorwaar soos die “square peg in a round hole”. Wat is daar wat jou pla?
Jy het eintlik alles – ‘n afbetaalde huis van jou eie, ‘n motor wat klaar betaal is, ‘n werk, kinders wat goed doen, ‘n vriend en selfs kleinkinders, gesondheid en meer. Wat is dit wat jy mis?
Waarna hunker jou siel as jy so na Leo Rojas se musiek video kyk wat jou neem oor berg en dal, stroom en oweral. As jy die strome en watervalle en woude en strande sien verby flits en die klanke van sy pan fluit jou betower. Wat is dit wat jy sien of hoor? Wat jou hart laat hunker na iets sonder ‘n naam?
Kan dit wees dat die skoonheid hier weer gegee net nie meer om jou bestaan. Dat die elke blom so volmaak nie meer in jou tuin blom. Dat die liefde weer gegee deur die meisie en man, wandelende hand aan hand, dan gaan staan en ‘n tere kus deel, met soveel liefde, nêrens in jou lewe te bespeur is – dat dit net ‘n versinsel is en nêrens anders as op hierdie video te vinde is. Dat soveel tere opregte liefde net nie meer bestaan, dat alles af gewater en net om eie gewin gaan.
Of het die ongereptheid van alles om jou verdwyn in die niet, is daar nie meer die skoenlapper en die blom, die tere liefde tussen man en vrou, die strome en berge en valleie waar die forel en die arend bly. Het dit werklik verdwyn of word dit net deur die swart wolk van misdaad, dwelms en haat oordek. Van kinders geskend deur die drag van ‘n man, van mense vermoor oor die sondes van hul vaders voor hul bestaan, van dors na geld en goed net meer en meer, die doodsvonnis vir eerlikheid en eer. Die verkragting van Gods woord om die mens te behaag.
Of is daar nog ‘n plek waar die son helder skyn, die natuur bloot mense bekoor en nie vir eie gewin, waar man en vrou nog kan en wil leef in trou, waar die liefde gedy ten spyte van die dwaasheid wat om hul woed. Die vraag altyd is, wat kan ek doen of gee om alles om my op te lig, en nie wat kan ek hier uit kry?
Waar jy onbevrees kan wandel, een met die natuur kan wees, die voëlgesang die enigste klanke is wat jou bekoor. Waar jy nou nie hoef te haas uit vrees jy word oorrompel of oorval. Met jou voete in die stoom kan sit en net droom verlore die tyd verwyl. Die mooi kan deel met ‘n maat wat soos jy die wonder van dit als kan waardeer en nie liewer elders wil wees.
Het jy ook al so gevoel? Of is dit net ek?
Wat is die element wat kort, wat is dit wat jy mis, wat is dit waarna jy hunker?
Of is dit alles net ‘n gevoel?
©Marsofine Krynauw
12 April 2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed