Reënweer op die Vlakte
Die weer daal neer
op huise sonder drome
in drome wat soek
na vaste woonplek woonplekke
Bedek jou kop
herstel die dak en prop die lek
vermy die stroom
in Blikkiesdorp
kom binne vir ‘n slukkie tee
hierdie kaapse vlakte
uit gestryk
en water lê oral
In die holtes van die waterdraer
dans die duiwel rond
Aanhoudend …
in strepe en repies
wat my vaspen
in ‘n swerm van druppels
met ‘n stem
wat hyg
langs die straat –paal
wat sis en kreun
tussen Zeekoevlei se bome
Seën-reën, doop-reën, afbreek reën, woedende-reën:
gebede op die lippe
yster-koud in die been
polse … in die skuilplek
van die hart
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.