Jongste aktiwiteit:

Ok maar lekker stupid!

Dit gebeur mos maar dikwels dat die winter ons saggies bekruip en Ano is nog lank nie gereed met haar winter kleertjies nie. Die goed is tog so diep weggepak en as luiheid ʼn kolletjie was, was hierdie mens seker lankal net een groot blerts. Die koue moet mos eers behoorlik byt voordat die groot kas-uitpak-gedoente gebeur.

Maar Guppy wil gaan swem, maak nie saak of die ryp ʼn ysskaatsbaan van die grasperk gemaak het nie. Ano trek toe maar weer haar kortbroek aan, al is die materiaal al effe geskif van die jare se dra. Dit is mos die einde van die somer en wie gaan NOU ʼn nuwe kortbroek loop soek?

Dit was reeds met die optrek van die broek dat die materiaal ʼn baie vreemde geluidjie gemaak het. Dit het so effens skeur-erig geklink. Maar Guppy was irriterend haastig en daar was nie tyd om ʼn ander broek te soek nie. Die skeurtjie was immers klein en aan die bo-kant van die agterste sak. Niks om oor bekommerd te wees nie.

Die bewegings tussen petrolpedaal en rem het die klein skeurtjie verander in die Grand Canyon, maar daarvan wis ek niks! Geen idee dat ʼn baie helder bloemertjie myle ver gesien kan word nie, stap ek verby menige buitengewone vriendelike stappers. Dis eers met die tuiskoms en uittrek dat ek sien die gat op my g@t is groot genoeg dat die broek onmiddellik sy laaste rusplek in die asblik sal moet vind! Gʼn wonder die mense was so geselserig nie!

Woordtal : 253




Hier's ek weer, Hier's ek weer, Met my storie voor jou deur....

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed